About Me


Van kleins af het ek baie gelees. Die volgende stap was natuurlik om self 'n boek te skryf. My eerste poging was getiteld: "Tjirp-tjirp die eensame hond word gelukkig." Met so 'n omvattende titel was dit nie regtig nodig om aan die res van die "boek" te werk nie, want die verloop was redelik duidelik. Ek was oortuig dat ek iewers 'n groot prys gaan wen, ek wag egter steeds.
Tjirp-Tjirp (ja, dit was die hond en hoofkarakter se naam) was nie Pulitzer- of Nobelprys materiaal nie, maar ek hou steeds van skryf en die idee met hierdie blog is om daardie aspek van my persoonlikheid verder te ontwikkel.

As 'n Regs- en Ekonomiestudent, is daar geen gebrek aan skryfopdragte nie, maar ongelukkig bied my huidige onderwerpe nie 'n groot platform vir kreatiwiteit nie.

So hier is 'n blog oor dit wat vir my mooi is in die lewe.

 - La Belle Vie |The Beautiful Life - 



3 comments:

  1. Die eerste comment uit Rusland - uit die stad Ufa - ons is mal oor hierdie blog. Mag die effek van jou omgee vir die gemeenskap jou ongewing aanraak en verander. ons bid saam met jou daarvoor. Jou grootste fans

    ReplyDelete
  2. Keep posting my girl - SO trots op jou en jou waardes. Ek het n nuwe home page! Pappa

    ReplyDelete
  3. Dis n aangrypende video--so bly jy het dit aangeheg.
    Lief jou!
    mamma

    ReplyDelete