Wednesday 23 October 2013

Lady Bonin's Tea Parlour

One of the values in our household is to drink tea... often. 
In our home it has become a ritual, a gathering, a place of sharing stories and enjoying each other's company. Before we can go anywhere, we have to drink tea. When we get back, the kettle is the first thing that is tended to. 

The following quote, largely sums up my mom's outlook on life - tea fixes anything: 

"As far as her mom was concerned, tea fixed everything. Have a cold? Have some tea. Broken bones? There's a tea for that too. Somewhere in her mother's pantry, Laurel suspected was a box of tea that said, "In case of Armageddon, steep three to five minutes." 
- Aprilynne Pike, Illusion


With this background, I was excited when a special friend surprised me with a voucher for a tea tasting at Lady Bonin's Tea Parlour. 

Situated in the heart of Woodstock, this parlour is a unique place where tea lovers can broaden their horizons. It is delicately decorated and a visit to the Parlour, feels like going home. With the rich comfort provided by exquisite teas.   

We went for a tasting of 7 different teas. Even though most of these teas originate from the same plant, it is amazing how the taste differs completely, ranging from very light and green teas, to fruity to highly caffeinated black teas. 

Each tea is served in a different pot as to suit the body and flavour of the tea. 



Throughout the tasting you are informed of every different variety, the history, benefits and other general facts - which really were very interesting. 

The tea parlour have different tastings available: 

3 teas - R100
5 teas - R 150
7 teas - R 200
Unlimited - R 250 

They also have a tea and food pairing and a "How To" of tea, where you will accumulate a body of knowledge on this 4000 year old speciality and will be able to blend and take home your own tea. The shop also sells a wide variety of loose leaf teas. 

A variety of sweet treats are available to enjoy with your tea as well as some ice teas. 


Additionally, they have a caravan, which is often spotted in the Cape Town area. It operates as a mobile extension of the tea parlour and is a regular visitor to the Biscuit Mill Market in Woodstock. 



Our visit to Lady Bonin's Tea Parlour was truly special and I will definitely find my way back. 

Location: The Woodstock Exchange, 66 Albert Road, Woodstock, Cape Town
HOURS
Monday to Friday: 09h00 to 16h00
Saturdays: 10h00 to 14h00
Sundays: Closed

Regrettably I did not have my camera with me on the day, therefore these photo's are all from Lady Bonin's website @ http://www.ladybonin.com. No copyright infringement is intended. 



Friday 2 August 2013

Dullstroom - anything but dull

’n Week lange kuier in Pretoria, afgerond met ’n naweek in Dullstroom was die wortel voor my eksamen stokkie. Hierdie is ’n verhaal van Dullstroom se gasvryheid, - Ouma, Celeste en die oom by die Dop-en –Dam.

Ons vertrek laatmiddag, Vrydag vanaf Pretoria  met ’n bespreking vir verblyf wat reeds twee maande vantevore afgehandel is en waarvan die deposito reeds betaal is. Dullstroom bied ook ’n Whiskeyfees die naweek aan, so daar is lankal nie meer akkommodasie vir laatslapers beskikbaar nie.

Halfpad tussen Pretoria en Dullstroom bel ons weer, kom ons noem hulle maar ons “gasvrouens” om te bevestig dat “Theron” nog oppad is, dat ons huisie, heel gepas getitel “Whiskey” reg is en dat ons oor so ’n uur daar gaan wees. Alles is in die haak.

In Dullstroom aangekom by die gasteplaas  is dit Ouma agter die besprekingsboek. Toe ons die sleutel wil kry, lig ouma ons in dat daar nou ander mense in “Whiskey” is, hier is nou ’n foutjie. Maar sien, sy help eintlik net haar dogter Celeste uit, en die is by die Dop-en-Dam – maar kom ons bel net gou vir Celeste. Celeste antwoord nie haar foon nie en reageer ook nie op “Oscar, Oscar kom in” op die handradio  nie. Gevolglik sê Ouma ons moet afry Dop-en-Dam toe, sy sal ook af ry, dan sorteer ons die netelige situasie uit.

Ons begin ry, slegte grondpad, lang ent, donkernag. Ouma spring solank in haar Ford bakkie wat agter haar huis geparkeer is. Volgende oomblik kom ouma met ’n groot spoed verby, vat altwee ons motors verby en jaag vooruit na Celeste – natuurlik sodat haar weergawe van die storie eerste gehoor kan word.
By die Dop-en-Dam aangekom, ontmoet ons vir Celeste wat ons nie juis hartlik verwelkom nie. Sy erken daar is nou ’n fout met die besprekings. Sien daar het nou mense aangekom wat nie bespreek of betaal het nie, hulle vra toe om in Whiskey te bly en ouma sê nee maar dis regso, geen probleem nie. Ons sit julle daar in vir die naweek.  “Whiskey se julle?” Ja, hy is reg vir julle. Ouma is natuurlik ʼn gasvrye dame. As sy in die dorp kom en mense raakloop dan sê sy tien teen een vir hulle, nee kom bly daar by ons. Celeste het sulke oulike plekkies, daar is baie plek, almal is welkom.

Na ’n woordwisseling tussen Ouma en Celeste - want ouma het nou net ’n papier afgebring en nie die boek met besprekings nie, en nou weet Celeste nie wat aangaan nie - lig Celeste ons in, dat  ons huisie “Whiskey” nou wel deur onbetaalde, onbespreekte vreemdelinge geneem is, maar sy sal ons in rondawel 13 en 14 sit, op die kampterrein, reg langs die Dop-en-Dam. In haar bemarkingspoging om die rondawel aan ons af te smeer, meld sy ook dat dit baie naby aan die mans ablusieblokke is. Sy sal dan die volgende dag na die huidige inwoners van Whiskey gaan en vra of hulle kan trek en dan kan ons vir die tweede en laaste nag in ons oorspronklike huisie slaap. 

Wat nie ouma of Celeste weet nie, is dat Edwin in hulle besprekingsboek, gesien het dat die Botha’s vanaand later nog gaan inkom, en hulle is bespreek vir Rondawel 13 en 14!

Op hierdie stadium is dit vir ons duidelik dat die besprekingstelsel veel te wense oorlaat, ons sonder verblyf is, twee en ’n halwe ure vanaf Pretoria en dat die res van Dullstroom reeds vol is. Na ’n kort spanpraatjie besluit ons, ons sit ons voet neer. Ons soek ons huisie wat ons lankal reeds bespreek en betaal het. Celeste het dit nie goed ontvang nie. “Nee maar dis onmoontlik, die mense het ’n hond, en ’n kind – ek kan hulle nie nou skuif nie”. Ons steek vas, hulle moet in elkgeval nie daar wees nie, so skuif  moet hulle skuif. As Rondawel 13 en 14 so wonderlik is, gee die rondawel vir hulle.

Toe Celeste sien ons gaan nie ingee nie, besluit sy om af te ry na die huisie toe, ouma is kort op haar spoor. Terwyl sy na die bakkie toe loop, bulder ouma  “Dis die bleddie skelms, dis alles hulle skuld” – weet nie of ouma vergeet het dat dit sy is wat vir die “bleddie skelms” behuising aangebied het nie.

Na ’n geruime tyd, kom die Ford bakkie weer aangejaag, ouma is intussen huis toe. Seker om vir die Botha’s van Rondawel 13 en 14 te gaan wag. Celeste kom terug en lig ons nonchalant in dat die huidige inwoners weier om te skuif. Sy kan ons wel by haar bure op hulle plaas laat oorslaap vir die nag. Toe ons nogsteeds nie ingee nie is Celeste nie beïndruk nie. 

Sy beweer sy kan nie die mense skuif nie. Toe ons vir haar noem  dat of sy skuif hulle of ons skuif hulle, begin sy hewiglik protesteer.  Na Franco vir haar ’n pep-talk gegee het en vir haar genoem het dat dit haar eiendom is en dat sy besluit wie bly hier,  en dat dit definitief nie “bleddie skelms” behels nie, spring sy weer in die Ford en jaag weg – rigting Whiskey.

Intussen is daar ’n oom wat sake by die Dop-en Dam behartig. Hy nooi ons solank in vir ’n koffietjie, dis vrek koud buite. Die oom is lus vir geselsies, duidelik luister Celeste en ouma nie na al sy staaltjies nie en hier is nou ’n nuwe gehoor jongmense, so hy is begeesterd. Hy vertel ons van sy lewe, sy werk, en ʼn onglangse naweek wat hy in die wildtuin spandeer het. Hy haal sy Blackberry uit en arme Yolandé wat naaste aan hom sit, moet foto’s van al die wild wat hy te siene gekry het aanskou en “ooh” en “aah” op die regte plekke. Na Yolande ’n deeglike opsomming kon maak van alle wild in die wildtuin, kom Celeste weer terug. Stap in, maar sy se niks. Gaan staan agter die kroegtoonbank, raak doenig en nogsteeds nie ’n woord oor ons verblyf nie.

ʼn Rukkie later kom sy na ons aangestap,  sleutel in die hand. Groot is ons verligting toe ons die naam “Whiskey” op die sleutelhouer sien. Ons bedank haar en ry ʼn uur na ons aankoms helaas na Whiskey toe. Daar aangekom, brand die kaggel in ons huisie, maar verder is daar geen tekens dat daar enigsins iemand anders in die huisie was nie.


Wat van die “Bleddie Skelms”, die Botha’s van rondawel 13 en 14 geword het en wie die res van die naweek die oom van die Dop-en-Dam se foto’s moes aanskou weet ons nie. Ons weet wel, Dullstroom is verseker nie ʼn “dull” plek  nie. 

Thursday 20 June 2013

"Miskien droom ek te groot"

Vir my is die mooiste deel van die Paarl nie die granietrots wat bo die dorp uittroon, die arboretum, volop wingerde of argitektuur nie. Nee, Niklaas Thomas is my gunsteling deel van die Paarl.
                                                 
Sowat ‘n jaar gelede het ek  verby Niklaas gery, ek in my kar, hy op sy fiets met waentjie agteraan. Vanuit hierdie waentjie wat hy agter sy fiets rondsleep bedryf Niklaas ‘n mobiele karwas. Ek was aangeraak en het dadelik gestop om vir hom ‘n noot in die hand te druk en dankie te sê vir die inspirasie wat hy is. 

Niklaas, ‘n daklose, karwasser het egter geweier om die geld by my te vat. “Nee mevrou, ek bedel nie, ek sal te skaam kry. Ek kan nie geld vat as ek nie daarvoor gewerk het nie.” Dit het baie ompraat van my kant af gevat om hom te oorreed om wel die geld te vat.

In die daaropvolgende maande het ek hom gereeld gaan soek, waar hy langs die polisiestasie in die Paarl slaap, met ‘n siersteen muur aan die een kant, sy waentjie aan die ander kant, is dit hier waar hy kom rus na werk.

Terwyl ek vanoggend in die Hoofstraat draf,  sien ek van vêr af reeds sy waentjie, en begin reeds glimlag. Elke ontmoeting met Niklaas is vir my spesiaal. “Mevrou, ek wil net vir my mense wys wat moontlik is, dat ‘n mens moet hard werk.” “Ek het groot drome, miskien droom ek te groot. Ek droom  van ‘n karavaantjie, een so op wiele, dat ek net ‘n plek het om in te slaap. Ek het al vir die mense gevra om my te help, dalk kan ek in my waentjie slaap, maar hulle het gesê dit gaan nie werk nie.”

Toe ek hom vra of hy omgee as ek vanaand weer kom en ‘n paar foto’s kom neem vertel hy my: “’ n Ander vrou het die eendag ook so gekom en gesê sy wil my storie hoor en kom foto’s neem, en toe, toe het sy my stilletjies op die TV gesit. Die mense sê so drie weke terug was ek op die TV. Daai foontjie van my, die man wat dit vir my gegee het het dit weer teruggevat, maar daai foontjie was so besig na die TV, ek het 8 oproepe gehad.”

Vanaand ruil ons ‘n sak kos vir ‘n lewensverhaal. Niklaas is as kind mishandel, later het hy sy ouers en sussie verloor in ‘n motorongeluk. Hy was by die Ultra City in Worcester toe iemand vir hom ‘n R5 gegee het. Hy het die garage kafee binnegestap opsoek na iets om te eet, “maar wat ek nie geweet het nie, Pappa daarbo het ‘n beter plan vir my gehad.” Terwyl hy tussen die rakke stap het hy die skoenpolitoer raakgesien en een blikkie gekoop.

“Ek het eers rondgestap buite, maar dit was Kersfees en die mense het net sandale gedra.” “Maar toe ek so afkyk het ek gesien die voetjies (tyres) kort ‘n polish”. Hy het begin om karbande te politoer. Na twee kliënte sy potensiaal raakgesien het en ‘n finansiële donasie gemaak het, het hy begin karre te was.

“Daarna het ek gaan koop: Windowlene, 3 Argusse, want dit is die dikste koerante, en Sunlight – toe ken ek nog nie van kar sjampoe nie. Een, twee, drie toe het ek my ingredients. Ek  maak toe vir my ‘n sign op dik karton, daar staan: “Good mornings, I’m waiting for your dirty car.”

Hy het later na die Paarl geskuif. By ‘n scrapyard het hy ysters gekoop en ‘n skets, van die waentjie wat hy agteraan sy fiets sou trek, geteken. Sy waentjie is gemaak en “gebrand” of altans “hulle het my waentjie driekantig bestempel met signs.” “Die mense is goed vir Niklaas mevrou”.

Toe ek hom uitvra oor sy drome , vertel hy my: “Ek wil nie ryk wees nie, ek wil net lewe. En ek sal graag ‘n stukkende karavaan in die hande wil kry, ek sal self die parte kry en hom fix, maar ek soek net iets om in te slaap. Ek slaap al 35 jaar lank buite.  En as ek my learners kry dan kan ek ‘n poegie ry. ‘n Man het gesê as ek my learners gaan skryf en dit vir hom kom wys dan sal hy my help met ‘n poegie. Ek skryf die 8ste Julie vanjaar. Vir die oogtoets het ek reeds gegaan, ek’t 8 uit 9 gekry vir die toets, kan jy glo mevrou, 8 uit 9!”.

Ek bid saam met Niklaas,groet hom en stap weg na my kar wat ‘n ent verder staan. Toe ek weer sien hardloop hy agter my aan, “ek wil net vir jou kar kom bid, dat die Here die stuur sal vat en jou sal veilig hou.”

Sy laaste storie bly my by: “Gisteraand lees ek in my Bybel weer van die man wat die talente uitgedeel het. Die een wat drie gekry het, het dit gevat en nog 3 gaan bymaak”. Maar die een wat een talent gekry het, het dit gevat en begrawe. Hy het nie iets met sy talente gedoen nie.”

“Ek hoef nie my talente te begrawe nie. Ek kan karre was. Ek gebruik my talente.”

Niklaas Thomas






Sy fiets en waentjie: "Driekantig bestempel met signs"

Kliek op die volgende skakel om die KYKnet video van Niklaas te sien: 
http://kyknet.dstv.com/2013/05/08/dagbreek-8-mei-2013-niklaas-thomas/


Baked, oh well, microwaved goodness!

I simply love baking and have a special weakness for anything even remotely chocolate related.
When I stumbled upon this recipe on Pinterest, it seemed to be too good to be true, dessert in 45 seconds?!

Well I tried it and it definitely earned a space in my baking hall of fame:

45 Second Chocolate Pudding, with caramel centre

Ingredients (serves 2)

  • 4T self rasing flour
  • 4T brown sugar
  • 3T cocoa powder
  • 1/4t salt
  • 1 egg, beaten
  • 3T milk
  • 1T sunflower oil
  • 1/2t vanilla extract
  • chocolate chips, works best if you use real chocolate and not baking chocolate
  • 2 – 4t ready made caramel like caramel treat 
  • fresh cream or ice-cream to serve (optional)
("T" refers to tablespoons and "t" to teaspoons)

Mix it all together in a bowl, and pour mixture into two ramekins. 



                                  


   


I altered the recipe I found a bit. By adding some chocolate chips and caramel pieces instead of caramel treat. 
After adding the toppings, I scooped some of the batter from the ramekin over the topping until it was completely covered. 





The only thing left to do is to microwave the desserts separately - this really yields the best results.  Microwave for 45 seconds on high, or even a little bit shorter. They will rise quite a bit.

Serve with ice cream and enjoy!




P.S. I still have one of these yummy desserts waiting on the counter... If you're quick you might snatch it. 

Let me know if you are trying out this recipe and tell me what you think about it. 

 Also have a look at drizzleanddip.com, the photo below is from this yummy foodie website.

45 second chocolate pudding with salted caramel

Tuesday 18 June 2013

Lessons Learnt from Job Shadowing

After finishing a week of job shadowing at a law firm, I had some new perspective on the working life.     Often while studying the thought crosses your mind that life will be so much better once you start working, in the absence of exams and with the added bonus of a salary.
I however learned that the glamorous idea of the working life is not always realistic:


  • My biggest problem during this week was that I was constantly hungry. At res, I have my own fridge, within chair-sliding distance from my desk. However at work, I was tempted to start nibbling on my lunch from 10:00 already. I also did not have the luxury of a constant supply of tea. How I missed my tea times! 
  • At university my plans of studying at 08:00 are often substituted for a longer snooze. When working, snoozing your alarm and simply arriving late is not really an option. 
  • Time goes by V-E-R-Y slowly when working. 
  • Specifically with respect to law, the profession is not nearly as glamorous as it is depicted. I spent quite some time in court and soon realised that the judge did not have a hammer which he slammed down and ordered silence with. No one bursted through the doors and screamed, " I object", even under cross examination, the lawyers did not get excited, most of the times I really struggled to hear what they were saying. I did not see one pencil skirt. Lawyers are not detectives. The oath to always tell the truth and nothing but the truth in court is really only a formality. The job of a judge is simply determining who is the best liar. 
  • On a tour of the holding cells, I literally had chills the whole time. Pay your traffic fines, keep away from drugs and stay out of trouble, you really don't want to end up in there.
  • When people say they leave the office at 17:00, they actually mean at 18:00. 
This week of job shadowing was an extremely valuable learning time for me and I am very grateful for this opportunity. But more than only seeing more of the corporate world, I came to the realisation that student life is not bad at all. Yes, res food, too little sleep, exams and pocket money are not always exciting but I learned that it is really important to enjoy and appreciate the season of your life you are in right now, not always waiting for the next to arrive. 



Monday 20 May 2013

90's kid

Before we were entertained by ipads, pinterest and series, 90's kids (of which I am proudly one) explored the world in a different way.
Here is collection of my favourite memories from the 90's.

Movies

  • The Lion King  -  it changed cinema forever. Coming from the Eastern Cape, Lion King was the first movie I ever saw in a cinema - the novelty was huge. I especially liked the popcorn, so much that I had to leave the movie early. Let's just say a whole box of popcorn enjoyed by a 3year old is not a recipe for success. 
  • Titanic - enough said. My heart will go on. 
  • Cool Runnings - after rollerblading, bobsleighing seemed to be the coolest thing ever. 
  • Matilda - for a long time I knew that if only I practiced enough I would also be able to move things around with my eyes. 



Music
  • Spice Girls - we knew the words to all the songs ( I think I still do). A lot of conflict between friends was centred about which one of us would be which Spice Girl, I usually chose Sporty Spice. Except for the music, the spice girl shoes guaranteed popularity. And your room was really bare if the spice girls did not cover your walls. In short: your life was not complete if it wasn't spiced up. 
  • Venga boys vs Backstreet Boys : Let's face it, it was one or the other. 
  • Hanson - i think the long hair did the trick. 
  • My first CD ever was "NOW 30" - what a mix of happening tunes. 
  • Let's not forget Britney Spears, before the drugs and rehab, "Hit me Baby One More Time" was huge.  
  • The Macarena - I'm  not much of a dancer, but when I'm old and have forgotten everything else, I will still be able to spontaneously bust out these awesome moves. 






The Gear

  • No outfit was complete without a scrunchie (twice the size of your ponytail), butterfly hairclips or a bandana, rollerblades, a bellbottom,a baggy mad dogs shirt and a sweater tied around the hips. If you wanted to complete the look, a moneybelt was all that was needed. Hawaiian print anything, and denims was usually also a winner. 
    • I had a scrunchie consisting of multi coloured beads - what a fashion statement. 
  • Letters to friends were written with milky pens followed by glitter and metallic pens. If you had  the little booklet, with black paper sheets to use with milky pens - your status in class rose instantly. 
  • The best pet you ever had was a tamagotchi. 
  • The ultimate interior design element was a lava lamp. Apparently you can easily make your own lava lamp. How did I not know that?
  • How could we ever tell our mood if it wasn't for moodrings?




Living in the 90's was awesome and I'm so grateful for the exciting childhood I had. 

My favourite ad ever : 90's kid by Internet Explorer. It sums it all up perfectly. 





Thursday 2 May 2013

Today, Today was a good day!

So my pa moes vandag 'n paar dinge in die Kaap gaan doen, ek en Eljoh spring toe ook in die kar.
Na 'n heerlike ontbyt by Vovo Telo in die Waterfront wou ons bietjie gaan shop, maar op krukke is Eljoh nie die vinnigste nie.
By die Pick'n Pay gryp ek toe 'n alternatiewe middel van vervoer - 'n winkel trollie -  wat later die "jolly trolley" gedub is.
And the fun began.....





Met beperkte "front wheel steering" het dit tot 'n paar benoude oomblikke bygedra en noue ontkominge met groot potplante, wat net nie wou padgee nie, besorg. Dit was definitief die moeite werd, anders het ons nou nog by die Wheel of Excellence gewag vir Eljoh om haar asem terug te kry. 

Met die krukke in die waentjie, Eljoh voor en ek, agter die stuur, het ons met behulp van die lifts (want roltrappe sou net een uitdaging te veel gewees het) die Woolies gevind. Die onesies slaapklere 
was dadelik 'n gunsteling, moonboot en al. 

As Paasfees nie al verby was nie, kon ons definitief die kortlys vir die Paashaas gehaal het. 







Die Waterfront is deurkruis, deur twee sussies, met baie smiles, 'n paar snaakse kyke en 'n hart propvol goeie memories. 

Monday 18 March 2013

Merke... gereed... vir kleuresport?


'n Artikel deur Dana Snyman - fantasties soos altyd! 




Op die ouderdom van tien was dit reeds duidelik ek gaan nie Suid-Afrika se volgende Paul Nash wees nie. Ek was g’nnaelloper nie. Dit het ek bewys deur in my eerste drie skooljare elke keer tweede laaste in my uitdun oor 100 m te kom.
En tog was dit asof die onderwysers dit nie wou aanvaar nie, want die volgende jaar, toe ek in graad 4 kom, moes ek maar weer aantree vir ’n uitdun oor 100 m – en wéér, soos al die vorige jare, het ek en Piet Skyfies, wat ’n lekhart en ingroeitoonnaels gehad het, dit uitgespook om die laaste plek.

Elke dekselse jaar, van graad 1 tot matriek, moes ek aan ’n uitdun deelneem om te bewys ek behoort op die paviljoen te sit (saam met Piet Skyfies) en te sing: “Jêmblikke, visblikke, drie by drie! Ons is, ons is, weet julle wie?”

Op laerskool was ek in die geelspan. Op hoërskool was ek in die Van Rensburg-trek. Ons was trots Afrikaans op Nylstroom, ja. Die skool is in drie trekke verdeel: die Van Rensburg-, die Trichardt- en die Potgieter-trek.

Aan al hierdie dinge het ek gesit en dink nadat ek onlangs verby ’n skool in die voorstede gery het waar kinders op die atletiekbaan doenig was.

Ek het ook weer aan Freek Tyres gedink. Freek, ons biologie-onderwyser, was ook ons skool se afsitter. Dit was asof ou Freek ’n effens uitdagende Dirty Harry-agtige wieg in sy heupe gehad het wanneer hy na die wegspringplek gestap het met die pistool in die hand, asof hy wou sê: “Spring te vroeg weg . . . and make my day.”

Freek en die ander mansonderwysers het almal by ’n atletiekbyeenkoms ’n wit safaripak gedra. Party het selfs hul bruin Grasshoppers met Shoe Shine effens witter probeer maak.

Só ’n kleuresport was ’n klein drama wat homself elke jaar herhaal het: In die 1 500 m vir meisies o.16 het een van die deelnemers – gewoonlik ’n muisblonde meisietjie met knopperige knieë – by die wenpaal neergeslaan. Dan het een van die onderwysers haar opgeraap en met haar onder luide applous in sy arms gestap na die noodhulptent, waar die reuk van Deep Heat swaar in die lug gehang het.

By die wenpaal het ook altyd ’n paar ma’s met ’n jaffle of ’n worsrol in die hand gewag. Sodra Boetie dan vierde of sesde in die 100 m geëindig het, het die ma ’n jaffle of ’n worsrol in die kind se hand gedruk en gesê: “Kom ons ry, my kind. Ek het vir Meneer gesê jy moet eerder die 800 hardloop, maar nee . . .”

In die een of ander stadium op so ’n byeenkoms was daar ook altyd dié aankondiging oor die luidsprekerstelsel: “Sal die eienaar van ’n Volkswagen Passat met die registrasienommer TNS 3487 dit asseblief gaan skuif. Jy parkeer iemand vas.”

Word die kinders op skool steeds oor 100 m “uitgedun”? wonder ek.

En is daar ook ander mense, soos ek, wat nie van atletiek hou nie en nooit ooit weer daai simpel kreet wil hoor nie: “Jêmblikke, visblikke, drie by drie! Ons is, ons is, weet julle wie?”

Port Nolloth 
- Die Burger

Kommer oor Kayamandi

Die brand die naweek in Kaymandi het my nogals geraak. Die getalle en statistiek van hoeveel mense wat verloor het nie so erg, as die emosionele aspek daaraan verbonde nie.  Totale hulpeloosheid. Meeste het ontsnap met net die klere aan hul lyf. As dit met slegs een inwoner van Kayamandi gebeur het, is dit steeds totaal  ontwrigtend. 



En dan sit ek en skryf hierdie blog uit 'n Universiteitskoshuiskamer, met soveel meer as wat ek ooit kan nodig he. 


Ja, as ons kaste regpak aan die einde van die jaar dan gee ons baie klere weg, en ek gee ook vir carguards geld hoor, selfs al het hulle nie na my kar gekyk nie. Maar hoe kan mens wegskram daarvan dat ons so uiters bevoorreg is, terwyl dit vir ander 'n stryd om oorlewing is. 

Ek het vandag by die Brandweer gaan help om klere donasies te sorteer. Ek was so dankbaar vir die geweldige aantal donasies wat ontvang is, maar terwyl ek daar was het ek myself in die mense van Kayamandi se skoene probeer plaas. Jy moet van voor begin, vir jou 'n nuwe huis bou, stadig weer dinge begin bymekaarmaak, wat vir meeste van ons so vanselfsprekend is. Bakkies, border, gasstofie, emmer, tafel... Dis 'n lang lys. 

Die klere donasies is goed en maak 'n reuse verskil, maar vir ons is dit tog net klere wat ons inelkgeval nie meer dra nie. Is dit nie die maklikste manier hoe ons ons gewete kan stilkry nie? Is dit nie tyd dat ons meer van onsself gee nie?