Monday, 20 May 2013

90's kid

Before we were entertained by ipads, pinterest and series, 90's kids (of which I am proudly one) explored the world in a different way.
Here is collection of my favourite memories from the 90's.

Movies

  • The Lion King  -  it changed cinema forever. Coming from the Eastern Cape, Lion King was the first movie I ever saw in a cinema - the novelty was huge. I especially liked the popcorn, so much that I had to leave the movie early. Let's just say a whole box of popcorn enjoyed by a 3year old is not a recipe for success. 
  • Titanic - enough said. My heart will go on. 
  • Cool Runnings - after rollerblading, bobsleighing seemed to be the coolest thing ever. 
  • Matilda - for a long time I knew that if only I practiced enough I would also be able to move things around with my eyes. 



Music
  • Spice Girls - we knew the words to all the songs ( I think I still do). A lot of conflict between friends was centred about which one of us would be which Spice Girl, I usually chose Sporty Spice. Except for the music, the spice girl shoes guaranteed popularity. And your room was really bare if the spice girls did not cover your walls. In short: your life was not complete if it wasn't spiced up. 
  • Venga boys vs Backstreet Boys : Let's face it, it was one or the other. 
  • Hanson - i think the long hair did the trick. 
  • My first CD ever was "NOW 30" - what a mix of happening tunes. 
  • Let's not forget Britney Spears, before the drugs and rehab, "Hit me Baby One More Time" was huge.  
  • The Macarena - I'm  not much of a dancer, but when I'm old and have forgotten everything else, I will still be able to spontaneously bust out these awesome moves. 






The Gear

  • No outfit was complete without a scrunchie (twice the size of your ponytail), butterfly hairclips or a bandana, rollerblades, a bellbottom,a baggy mad dogs shirt and a sweater tied around the hips. If you wanted to complete the look, a moneybelt was all that was needed. Hawaiian print anything, and denims was usually also a winner. 
    • I had a scrunchie consisting of multi coloured beads - what a fashion statement. 
  • Letters to friends were written with milky pens followed by glitter and metallic pens. If you had  the little booklet, with black paper sheets to use with milky pens - your status in class rose instantly. 
  • The best pet you ever had was a tamagotchi. 
  • The ultimate interior design element was a lava lamp. Apparently you can easily make your own lava lamp. How did I not know that?
  • How could we ever tell our mood if it wasn't for moodrings?




Living in the 90's was awesome and I'm so grateful for the exciting childhood I had. 

My favourite ad ever : 90's kid by Internet Explorer. It sums it all up perfectly. 





Thursday, 2 May 2013

Today, Today was a good day!

So my pa moes vandag 'n paar dinge in die Kaap gaan doen, ek en Eljoh spring toe ook in die kar.
Na 'n heerlike ontbyt by Vovo Telo in die Waterfront wou ons bietjie gaan shop, maar op krukke is Eljoh nie die vinnigste nie.
By die Pick'n Pay gryp ek toe 'n alternatiewe middel van vervoer - 'n winkel trollie -  wat later die "jolly trolley" gedub is.
And the fun began.....





Met beperkte "front wheel steering" het dit tot 'n paar benoude oomblikke bygedra en noue ontkominge met groot potplante, wat net nie wou padgee nie, besorg. Dit was definitief die moeite werd, anders het ons nou nog by die Wheel of Excellence gewag vir Eljoh om haar asem terug te kry. 

Met die krukke in die waentjie, Eljoh voor en ek, agter die stuur, het ons met behulp van die lifts (want roltrappe sou net een uitdaging te veel gewees het) die Woolies gevind. Die onesies slaapklere 
was dadelik 'n gunsteling, moonboot en al. 

As Paasfees nie al verby was nie, kon ons definitief die kortlys vir die Paashaas gehaal het. 







Die Waterfront is deurkruis, deur twee sussies, met baie smiles, 'n paar snaakse kyke en 'n hart propvol goeie memories. 

Monday, 18 March 2013

Merke... gereed... vir kleuresport?


'n Artikel deur Dana Snyman - fantasties soos altyd! 




Op die ouderdom van tien was dit reeds duidelik ek gaan nie Suid-Afrika se volgende Paul Nash wees nie. Ek was g’nnaelloper nie. Dit het ek bewys deur in my eerste drie skooljare elke keer tweede laaste in my uitdun oor 100 m te kom.
En tog was dit asof die onderwysers dit nie wou aanvaar nie, want die volgende jaar, toe ek in graad 4 kom, moes ek maar weer aantree vir ’n uitdun oor 100 m – en wéér, soos al die vorige jare, het ek en Piet Skyfies, wat ’n lekhart en ingroeitoonnaels gehad het, dit uitgespook om die laaste plek.

Elke dekselse jaar, van graad 1 tot matriek, moes ek aan ’n uitdun deelneem om te bewys ek behoort op die paviljoen te sit (saam met Piet Skyfies) en te sing: “Jêmblikke, visblikke, drie by drie! Ons is, ons is, weet julle wie?”

Op laerskool was ek in die geelspan. Op hoërskool was ek in die Van Rensburg-trek. Ons was trots Afrikaans op Nylstroom, ja. Die skool is in drie trekke verdeel: die Van Rensburg-, die Trichardt- en die Potgieter-trek.

Aan al hierdie dinge het ek gesit en dink nadat ek onlangs verby ’n skool in die voorstede gery het waar kinders op die atletiekbaan doenig was.

Ek het ook weer aan Freek Tyres gedink. Freek, ons biologie-onderwyser, was ook ons skool se afsitter. Dit was asof ou Freek ’n effens uitdagende Dirty Harry-agtige wieg in sy heupe gehad het wanneer hy na die wegspringplek gestap het met die pistool in die hand, asof hy wou sê: “Spring te vroeg weg . . . and make my day.”

Freek en die ander mansonderwysers het almal by ’n atletiekbyeenkoms ’n wit safaripak gedra. Party het selfs hul bruin Grasshoppers met Shoe Shine effens witter probeer maak.

Só ’n kleuresport was ’n klein drama wat homself elke jaar herhaal het: In die 1 500 m vir meisies o.16 het een van die deelnemers – gewoonlik ’n muisblonde meisietjie met knopperige knieë – by die wenpaal neergeslaan. Dan het een van die onderwysers haar opgeraap en met haar onder luide applous in sy arms gestap na die noodhulptent, waar die reuk van Deep Heat swaar in die lug gehang het.

By die wenpaal het ook altyd ’n paar ma’s met ’n jaffle of ’n worsrol in die hand gewag. Sodra Boetie dan vierde of sesde in die 100 m geëindig het, het die ma ’n jaffle of ’n worsrol in die kind se hand gedruk en gesê: “Kom ons ry, my kind. Ek het vir Meneer gesê jy moet eerder die 800 hardloop, maar nee . . .”

In die een of ander stadium op so ’n byeenkoms was daar ook altyd dié aankondiging oor die luidsprekerstelsel: “Sal die eienaar van ’n Volkswagen Passat met die registrasienommer TNS 3487 dit asseblief gaan skuif. Jy parkeer iemand vas.”

Word die kinders op skool steeds oor 100 m “uitgedun”? wonder ek.

En is daar ook ander mense, soos ek, wat nie van atletiek hou nie en nooit ooit weer daai simpel kreet wil hoor nie: “Jêmblikke, visblikke, drie by drie! Ons is, ons is, weet julle wie?”

Port Nolloth 
- Die Burger

Kommer oor Kayamandi

Die brand die naweek in Kaymandi het my nogals geraak. Die getalle en statistiek van hoeveel mense wat verloor het nie so erg, as die emosionele aspek daaraan verbonde nie.  Totale hulpeloosheid. Meeste het ontsnap met net die klere aan hul lyf. As dit met slegs een inwoner van Kayamandi gebeur het, is dit steeds totaal  ontwrigtend. 



En dan sit ek en skryf hierdie blog uit 'n Universiteitskoshuiskamer, met soveel meer as wat ek ooit kan nodig he. 


Ja, as ons kaste regpak aan die einde van die jaar dan gee ons baie klere weg, en ek gee ook vir carguards geld hoor, selfs al het hulle nie na my kar gekyk nie. Maar hoe kan mens wegskram daarvan dat ons so uiters bevoorreg is, terwyl dit vir ander 'n stryd om oorlewing is. 

Ek het vandag by die Brandweer gaan help om klere donasies te sorteer. Ek was so dankbaar vir die geweldige aantal donasies wat ontvang is, maar terwyl ek daar was het ek myself in die mense van Kayamandi se skoene probeer plaas. Jy moet van voor begin, vir jou 'n nuwe huis bou, stadig weer dinge begin bymekaarmaak, wat vir meeste van ons so vanselfsprekend is. Bakkies, border, gasstofie, emmer, tafel... Dis 'n lang lys. 

Die klere donasies is goed en maak 'n reuse verskil, maar vir ons is dit tog net klere wat ons inelkgeval nie meer dra nie. Is dit nie die maklikste manier hoe ons ons gewete kan stilkry nie? Is dit nie tyd dat ons meer van onsself gee nie?