Na 'n heerlike ontbyt by Vovo Telo in die Waterfront wou ons bietjie gaan shop, maar op krukke is Eljoh nie die vinnigste nie.
By die Pick'n Pay gryp ek toe 'n alternatiewe middel van vervoer - 'n winkel trollie - wat later die "jolly trolley" gedub is.
And the fun began.....
Met beperkte "front wheel steering" het dit tot 'n paar benoude oomblikke bygedra en noue ontkominge met groot potplante, wat net nie wou padgee nie, besorg. Dit was definitief die moeite werd, anders het ons nou nog by die Wheel of Excellence gewag vir Eljoh om haar asem terug te kry.
Met die krukke in die waentjie, Eljoh voor en ek, agter die stuur, het ons met behulp van die lifts (want roltrappe sou net een uitdaging te veel gewees het) die Woolies gevind. Die onesies slaapklere
was dadelik 'n gunsteling, moonboot en al.
As Paasfees nie al verby was nie, kon ons definitief die kortlys vir die Paashaas gehaal het.
Die Waterfront is deurkruis, deur twee sussies, met baie smiles, 'n paar snaakse kyke en 'n hart propvol goeie memories.
No comments:
Post a Comment